Avenues B&B Guesthouse Pretoria East

HOME

Pretoria Oos Gastehuis Akkommodasie

Bekostigbare, stylvolle verblyf in Pretoria Oos, Moreleta Park.

Ons nooi u graag om te oornag by Avenues, waar u nog tradisionele Suid Afrikaanse gasvryheid kan geniet.
Ons bied elegante, maar steeds bekostigbare verblyf in Moreleta Park, Pretoria Oos, waar die atmosfeer gemoedelik en rustig is.
Avenues is naby gewilde winkelsentrums, besighede, sake sentrums en golfbane, bv. Woodhill, Kimiad, en Wingate Park Buiteklub. 
Die NG Kerk Moreleta Park is slegs 1km van ons af.
Veilige toesluit parkering.
Breeband internet toegang.
Ontbyt word daagliks bedien in die eetkamer of langs die swembad. Daar is 'n ontspannings area by die lapa met braaigeriewe en swembad.
Ons het ook twee eenhede met basiese selfsorg geriewe en nog 'n ingeboude braai area onder die peperboom in 'n rustige tuintjie.
Avenues is ook beskikbaar vir funksies vir groepe tot 40 persone, bv doop of verjaarsdae.
Spesiale groep en langtemynverblyf tariewe is beskikbaar op aanvraag.
Skakel jou gasvrou, Rene Steynberg enige tyd by 082 7722 489  vir 'n bespreking/kwotasie of stuur 'n e-pos aan info@avenuesbb.co.za

avenuesbbhuis.jpg

honeumoonroomlr.jpg

tuinlr.jpg



WEKKERSTRAAT 881, MORELETA PARK, PRETORIA
 
Draai uit Hans Strijdom rylaan oos in Garsfontein rylaan. Draai regs in Rubinsteinweg en ry aan tot by 'n klein verkeerssirkel waar u Wekker straat kruis. Draai links in Wekker. Gaan oor die verkeerslig, ons is op die eerste hoek daarna aan die regterkant.